141:1 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep.
141:2 Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.
141:3 HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
141:4 Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie.
141:5 Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig- hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede.
141:6 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.
141:7 Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk.
141:8 Want op U is my oë, HERE Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie!
141:9 Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid.
141:10 Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ék verbygaan!
Created with HTMLCompiler by BibleDatabase