128:1 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
128:2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
128:3 Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.
128:4 Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees.
128:5 Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!
128:6 En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!
Created with HTMLCompiler by BibleDatabase