120:1 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
120:2 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
120:3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
120:4 Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.
120:5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
120:6 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
120:7 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.
Created with HTMLCompiler by BibleDatabase