58:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. Van Dawid. 'n Gedig.
58:2 Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?
58:3 Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.
58:4 Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
58:5 Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,
58:6 wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.
58:7 o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!
58:8 Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
58:9 Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
58:10 Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
58:11 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
58:12 En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel!
Created with HTMLCompiler by BibleDatabase