136:1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:2 Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:3 Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid-
136:4 Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:5 Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:7 Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:8 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:9 Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:10 Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:11 En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:12 Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:13 Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:14 En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:15 En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:16 Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:17 Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:18 En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:19 Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:20 En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:21 En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:22 As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:23 Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:24 En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:25 Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
136:26 Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Created with HTMLCompiler by BibleDatabase