51:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid,
51:2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.
51:3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
51:4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
51:5 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
51:6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
51:8 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
51:9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
51:10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
51:11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
51:13 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
51:14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
51:15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
51:16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
51:17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
51:18 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
51:19 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
51:20 Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
51:21 Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.
Created with HTMLCompiler by BibleDatabase